Monday Aug 08, 2022

Episode 29: Petie Bezuidenhout

Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer.

Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery.

Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het.

Mielies is nog altyd die hoofvertakking, maar Bezuidenhout-hulle het oor die jare ook uitgebrei na sojabone, beeste, hoenders en selfs ’n privaat wildreservaat.

Bezuidenhout is ’n man wat hou van uitdagings - selfs die bedreiging wat mynbou in Mpumalanga inhou, kan hom nie van stryk bring nie - en hy glo dat, om winsgewend te bly, ’n mens eenvoudig móét groot boer…

Jacques Basson

Version: 20240320