Friday Sep 09, 2022

Episode 31: Nick Serfontein

Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018.

Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen bekendstelling nodig as entrepreneur en voorsitter van die Sernick-groep nie, en glo dat ’n mens altyd moet streef na die positiewe.

Voorts gaan hy van die standpunt uit dat boerdery, soos die waardeketting deesdae daar uitsien, ongelooflike geleenthede bied wat nog ontwikkel kan word.

Serfontein is verál passievol oor die ontwikkeling van swartboere.

Hy maan egter dat suksesvolle grondhervorming nie die blote uitdeel van grond behels nie, maar wel die vestiging van suksesvolle boere.

Jacques Basson

Version: 20240731