Wednesday Nov 02, 2022

Episode 33: James Faber

James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie.

Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery.

’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het.

En, hy weet net van vorentoe boer.

Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat. Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees.

Jacques Basson

Version: 20240320