Tuesday Jun 20, 2023

Episode 35: Rossouw Cillié

Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel.
Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak.

Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100 jaar vantevore deur sy oupagrootjie, Piet ‘Kalifornië’, van stapel gestuur was.


Cillié, nie alleen ’n toegewyde boer nie maar ook ’n uitgeslape sakeman, was in 2013 deur die Landbouskrywersvereniging aangewys as Boer van die Jaar.

Hoewel landbou reuse uitdagings in die gesig staar, meen Cillié dat ’n mens eenvoudig uit die boks moet dink en dinge moet maak gebeur - soos om voortdurend waarde toe te voeg op produkte…

Jacques Basson

Version: 20240320