BoerPot

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Saturday Apr 06, 2024

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer. 
So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2017, wat glo dat beperkings op chemikalieë en brandstof meer prominent sal raak soos die wêreld na groen energie beweeg. Die mielie-, soja-, skaap- en beesboer van Nigel meen dat boere self beperkings op chemikalieë en brandstof op hul plase moet probeer instel om hierdie oorgang makliker te maak, sonder om ‘n hoë gehalte oes op te offer.

Saturday Mar 23, 2024

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes Manie du Preez die besluit neem om sy boerdery te diversifiseer, met onder andere hoenders.
Vandag bou sy seun, Herman, voort op die sukses van die hoenderboerdery. Die 2022 Jongboer van die Jaar gesels met ons oor die tegnologie wat hulle in die boerdery gebruik, wat hoenderboere in Suid-Afrika by boere in ander lande kan leer en hoekom dit belangrik is om jouself met suksesvolle mense te omring.
Ten spyte van die sukses van die hoender afdeling, weet Herman dat mens nie al jou eiers in een mandjie kan laai nie, so hy boer ook steeds met beeste en mielies.

Friday Mar 08, 2024

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
 
“Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.”
So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van integriteit in die boer bedryf en sy implemente besigheid, Arlington Staalwerke. 
Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
 

Friday Feb 23, 2024

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
Na jare van stadslewe het Lion Du Plessis prokureur-wees in Pretoria vir boer in Ermelo verruil en teruggekeer na die huis waarin hy grootgeword het. Met die ondersteuning van sy gesin en leiding van sy pa, het hy klein begin en mettertyd al meer verantwoordelikheid in die boerdery aangeneem.
Vandag is hy in beheer van die hele boerdery, van akkerbou met mielies en soja, tot die vee afdeling met braford-beeste en merino-skape, alhoewel sy pa hom nog af en toe advies gee.
Die Mpumalanga Jongboer van die Jaar wenner vir 2018 vertel ons van sy agtergrond in regte en hoe hy op die plaas geëindig het, sy gretigheid om stadskinders aan plaaslewe en die natuur bloot te stel en sy hoop vir sy liefdadigheidsorganisasie, Children at Play.

Friday Dec 22, 2023

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
In 2006 het Nicky van der Linde by sy pa op hulle plaas, Geelbos, aangesluit. Sy oupagrootjie het die plaas in 1950 begin. Ongelukkig is Nicky se pa in Desember verlede jaar aan kanker oorlede.
Vanaf 2012 fokus hy op mielies en soya en met passie sy stempel op die boerdery afgedruk. Onlangs is hy aangewys as TLU SA se Jong Boer van die Jaar 2023. Nicky se 17-jarige landbou-reis is 'n aangrypende verhaal van toewyding en uitnemendheid.

Thursday Dec 07, 2023

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou
In die eerste van ‘n reeks onderhoude met die dinamiese,innoverende 2023 Jongboerfinaliste, het ek by Lukas Lessing in die Vrystaat, gaan kuier. Lukas het van kleinsaf elke geleentheid en verskoning gebruik om op die plaas te wees.
Na ‘n draai in die VSA, het hy en sy gesin hulle net buite Marquard op die familieplaas gevestig.Deesdae is hy die algemene bestuurder van die die OJ Lessing-familieboerdery.
Hy bedryf hoofsaaklik die mielie-, soja- en sonneblomsaaiboerdery, asook ‘n kleiner veevertakking met beeste en skape. Goeie verhoudinge met werkers is vir Lukas baie belangrik. Hy is ook nie skaam om van ander te leer of skugter om tegnologie in te span nie. 

Episode 35: Rossouw Cillié

Tuesday Jun 20, 2023

Tuesday Jun 20, 2023

Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel.Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak.Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100 jaar vantevore deur sy oupagrootjie, Piet ‘Kalifornië’, van stapel gestuur was.
Cillié, nie alleen ’n toegewyde boer nie maar ook ’n uitgeslape sakeman, was in 2013 deur die Landbouskrywersvereniging aangewys as Boer van die Jaar.Hoewel landbou reuse uitdagings in die gesig staar, meen Cillié dat ’n mens eenvoudig uit die boks moet dink en dinge moet maak gebeur - soos om voortdurend waarde toe te voeg op produkte…

Episode 34: Daantjie Jordaan

Friday Jun 09, 2023

Friday Jun 09, 2023

Gholf verg opoffering, presisie en toewyding.
Dieselfde geld vir boerdery. Daantjie Jordaan, ’n PGA-gekwalifiseerde professionele gholfspeler, behartig die afgelope 13 jaar die familieboerdery te Grootvlei in Mpumalanga, insluitende ’n 113-jaar oue wildsplaas.
Landbou bied toenemend uitdagings, soos uiterste klimaatstoestande en verhoogde insetkostes. ’n Boer maak egter ’n plan, lui die gesegde, en Jordaan glo dat ’n mens proaktief moet wees, eerder as om aanhoudend te kla.
Hy is derhalwe van mening dat landbou ’n blink toekoms inhou vir enigiemand wat bereid is om sy kant te bring. Soos Benjamin Franklin dit gestel het: “You will find the key to success under the alarm clock…”

Episode 33: James Faber

Wednesday Nov 02, 2022

Wednesday Nov 02, 2022

James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie.Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery.’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het.En, hy weet net van vorentoe boer.Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat. Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees.

Episode 32: Gerrit de Beer

Wednesday Sep 28, 2022

Wednesday Sep 28, 2022

Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring.
Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en deesdae verbou, verpak en voer die groep jaarliks meer as 3 miljoen kartonne steenvrugte en tafeldruiwe van wêreldklasgehalte uit.
Van selfs groter belang is die feit dat die groep permanente werk verskaf aan ’n duisend mense vanuit die omliggende, agtergeblewe gebiede, asook aan meer as 5000 seisoenwerkers.
Gerrit de Beer, Bedryfsbestuurder van die Le Roux-groep, gesels padlangs met my oor hierdie voelgoed-storie…

Image

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

 

Jacques Basson

Version: 20240320