BoerPot

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Episode 31: Nick Serfontein

Friday Sep 09, 2022

Friday Sep 09, 2022

Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018.
Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen bekendstelling nodig as entrepreneur en voorsitter van die Sernick-groep nie, en glo dat ’n mens altyd moet streef na die positiewe.
Voorts gaan hy van die standpunt uit dat boerdery, soos die waardeketting deesdae daar uitsien, ongelooflike geleenthede bied wat nog ontwikkel kan word.
Serfontein is verál passievol oor die ontwikkeling van swartboere.
Hy maan egter dat suksesvolle grondhervorming nie die blote uitdeel van grond behels nie, maar wel die vestiging van suksesvolle boere.

Episode 30: Charles Back

Monday Aug 22, 2022

Monday Aug 22, 2022

Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra.
Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel.
Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.
As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan…

Monday Aug 08, 2022

Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer.
Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery.
Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het.
Mielies is nog altyd die hoofvertakking, maar Bezuidenhout-hulle het oor die jare ook uitgebrei na sojabone, beeste, hoenders en selfs ’n privaat wildreservaat.
Bezuidenhout is ’n man wat hou van uitdagings - selfs die bedreiging wat mynbou in Mpumalanga inhou, kan hom nie van stryk bring nie - en hy glo dat, om winsgewend te bly, ’n mens eenvoudig móét groot boer…

Monday Jul 25, 2022

Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap.
Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort.
Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf.
Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak.
Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite.
Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.

Episode 27: Tom Van Rooyen

Monday Jul 11, 2022

Monday Jul 11, 2022

“’n Mens hoef nie die beste in die weste te wees nie; solank jy net meer agterlaat as waarmee jy begin het…”
So sê Tom van Rooyen, wat boer op ’n 100-jaar oue familieplaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp.
Met ’n BSc Landbou-ekonomie honneursgraad agter sy naam, verbou Van Rooyen mielies, sonneblomme en droëbone, terwyl hy ook oor ’n taamlike veevertakking beskik.
Volgens hom is beeste egter effens stadig, en verkies hy die spoed van saai.
Benewens boerdery, stel Van Rooyen ook belang in besigheid, en is hy betrokke by eiendomsontwikkeling.
Hy glo dat ’n mens so ’n komponent behoort in te bou in jou langtermynbeplanning, om jou risiko te versprei, en sodat alles nie aan droogtes gekoppel is nie.

Episode 26: Victor Adendorff

Friday Apr 15, 2022

Friday Apr 15, 2022

Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar.
As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings.
Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe.
Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’
Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe

Episode 25: Dewald Olivier

Thursday Sep 02, 2021

Thursday Sep 02, 2021

As kind wat in die subtropiese landboustreek van Tzaneen grootgeword het, het Dewald Olivier vanuit die staanspoor ‘n passie vir landbou gehad.
Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy in 2018 aangestel is as hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker.
Dewald het ‘n MBA verwerf aan die NWU Besigheidskool, en, as iemand met jarelange ervaring in die landbou-industrie, en spesifiek die vleisbedryf, spog Dewald met ‘n bewese baanrekord in die omskakeling van besigheidsdoelwitte in strategieë en taktieke.

Wednesday Jul 07, 2021

Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri.
Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as
Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is.
Koos praat padlangs oor die 150-jarige geskiedenis van koöperatiewe landboubesighede, soos VKB, in Suid-Afrika, en hy wil graag sien dat VKB as maatskappy homself as die onbetwiste leier in plaaslike landboubesigheid vestig.

Friday Jun 25, 2021

Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening.
Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening aanspreek.
Verder werp Cobus ook meer lig op die kontroversiële onderwerp van vervoerdifferensiaal, ‘n tameletjie waarmee SA Landbou reeds vir die afgelope 25 jaar worstel.
Besoek hulle webwerf: https://skudu.co.za/

Episode 22: Johan Badenhorst

Friday Apr 30, 2021

Friday Apr 30, 2021

Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2.
Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder.
Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat
daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria.
Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Voetspore

Image

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

 

Jacques Basson

Version: 20240320