BoerPot

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Friday Jun 25, 2021

Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening.
Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening aanspreek.
Verder werp Cobus ook meer lig op die kontroversiële onderwerp van vervoerdifferensiaal, ‘n tameletjie waarmee SA Landbou reeds vir die afgelope 25 jaar worstel.
Besoek hulle webwerf: https://skudu.co.za/

Episode 22: Johan Badenhorst

Friday Apr 30, 2021

Friday Apr 30, 2021

Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2.
Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder.
Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat
daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aangewakker, en dit het aanleiding gegee tot die Voetspore-leefstylwinkel en 4x4 monteringsentrum in Pretoria.
Hierdie is een van die fassinerendste gesprekke wat ek in ‘n lang ruk gevoer het... Voetspore

Episode 21: Neels Grieshaber

Thursday Feb 18, 2021

Thursday Feb 18, 2021

Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid.
Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings.
‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...

Episode 20: Cog van der Colff

Saturday Nov 28, 2020

Saturday Nov 28, 2020

Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer.
Die boerdery het van krag tot krag gegaan, en in 2011 is Cog aangewys as Agri SA/Toyota se ‘Boer van die Jaar’. Die plaas beskik boonop oor sy eie verpakkingsfasiliteit vir rosyne, wat ‘n addisionele bron van inkomste en werkskepping bied, en verlede jaar het Cog ook ‘n lisensie bekom om cannabis, vir medisinale doeleindes, te produseer vir uitvoer na Kanada.

Episode 19: Zander Ernst

Friday Nov 27, 2020

Friday Nov 27, 2020

Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, & 'n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokados toe.
Die feit dat hulle reeds oor 'n wêreldklas avokado-kwekery beskik het, het die omskakeling vergemaklik, en vandag maak Allesbeste-boerdery 'n noemenswaardige deel uit van Tzaneen se avo-produksie - wat 40% van Suid-Afrika se avokados lewer.

Thursday Nov 26, 2020

Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoe rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope twee dekades opgebou tot een van die susksesvolste saaiboerderye in die distrik.
Boonop het hy 'n paar jaar gelede ook 'n voerkraal op die been gebring. Die volgende stap in die uitbreiding van sy bedryf is 'n eie meule, want ten einde meer volhoubaar te wees is dit noodsaaklik om 'n mens se produk verder te neem en van die middelmanne uit te sny.

Wednesday Nov 25, 2020

Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook 'n melkery bedryf het.
Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en 'n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy spandeer ook heelwat geld om sy grond se vrugbaarheid en status voortdurend te verbeter.
Verder glo Pieter in proewe - standproewe, kunsmisproewe, kultivaarproewe ensovoorts - en het hy ‘n voltydse persoon aangestel met die uitsluitlike doel om proewe te plant.
Sy werkers, en veral die trekkerdrywers, beskou Pieter as spesialiste in hul eie reg, wat groei saam met die tegnologie, en derhalwe betaal hy hulle tot drie maal die minimum loon.

Episode 17: Johan Vos

Tuesday Nov 24, 2020

Tuesday Nov 24, 2020

Met 'n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind 'n dorpsjapie wat van jongs af 'n passie vir boerdery ontwikkel het.
So passievol was Johan daaroor as 'n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir 'n paar uur te kon boer.
Vee was nog altyd sy groot liefde, maar mielies het noodsaaklike diversifikasie gebied soos die besigheid uitgebrei het. Johan het ook 'n meule op die plaas bedryf, maar dit uiteindelik toegemaak namate die administrasie daarvan, en spesifiek geldinvordering, die aandag van sy boerdery begin aflei het.

Monday Nov 23, 2020

Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie.
Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar hoewel hy mettertyd ‘n indrukwekkende portefeulje van eiendomme regoor Suid-Afrika opgebou het, het Bernard intussen, ten spyte van die familie-tragedie, sy passie vir die plaas herontdek.
So veel so, dat hy oor die afgelope twee dekades die boerdery meer as vervierdubbel het...

Episode 15: Martin Louw

Sunday Nov 22, 2020

Sunday Nov 22, 2020

Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het.
Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun, en om die rede glo Martin vas in die betroubaarheid van John Deere-masjinerie.
Die onstabiliteit van die mielieprys het Martin genoop om hom eerder op sojabone toe te te spits, wat, met behulp van die nodige toerusting, ‘n meer winsgewende gewas vir hom bied.
Hy waarsku egter teen die beoogde vervoerdifferensiaal, wat graanpryse dramaties kan laat val.

Image

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.

 

Jacques Basson

Version: 20240320